top of page

Lock & Michelle

17 November 2018

Liefdesverhaal...

soos vertel deur Michelle 

Als begin op 5 Junie 2013.

Lock en ek het mekaar blitsvinnng ontmoet in 'n restaurant. Hy was op daardie stadium enkellopend en ek was in 'n verhouding. 3 Jaar later kry ek 'n 'invite' van hom op facebook.

 

Ek het eers 'n week later na die 'invite' gekyk en toe maar vir hom 'n 'fb messenger' gestuur.  Ek het hom toe gevra die rede vir die 'invite'. Sy antwoord was: "Ek het jou op facebook se 'people you might know' gesien en toe stuur ek maar vir jou 'n invite want ek ken jou ou". Dis toe dat ek vir hom sê daar is nie so 'iets' nie.

 

Ons het mekaar toe dadelik daai tyd op bbm 'invite'. Ons het tot oggend ure toe gesels. Volgende dag het hy kom koffie. Met verkoue, 'n bolla en 'n bleek gesiggie het ek net besluit 'lets do this'.

 

Sjoe, my asem was weggeslaan toe hy op die plaas stop met sy Toyota bakkie, jeans, kraaghemp, opgerolde moue en shades! Ek stap toe om te groet en die mannetjie gee toe sommer 'n soen-groet #laminmykniee.

Ons het toe gekoffie...en kyk nou staan ons amper voor die kansel!!!

 

Hul sê mos 'n vrou soek 'n man soos haar pa en dis presies wat ek gekry het. 'n Man met die sagste hart, sy omgee vir sy medemens en om uit sy pad uit te gaan om ander te help  #myrots #mysteunpilaar #mymentor #myalles!

"in my arms sal jy veilig wees,

eks gebore om by jou te wees" Juan Boucher

bottom of page